Francois Van Coke & Die Gevaar Live at The Daisy Jones Bar – 6 May 2022.

Francois Van Coke en Die Gevaar is gereed vir ‘n hoë oktaan rock ‘n roll show wat The Daisy Jones Bar se verhoog gaan smelt op 6 Mei en hulle hoop jy is ook gereed.

Die laaste keer wat Francois en Die Gevaar by daar gespeel het, was dit ‘n regstreekse stroomkonsert met beperkte toegang vir ‘n klein gehoor. Nou gooi The Daisy Jones Bar hul deure oop vir die volle belewenis en jy gaan dit nie wil mis nie.

Francois stel sy 4de vollengte album, ‘Kanniedood’, in September 2022 vry, maar The Daisy Jones se gehoor gaan heel eerste ‘n nuwe liedjie vanaf hierdie album live beleef.

Die res van die vertoning gaan bestaan uit liedjies wat Francois se ondersteuners gewoontlik wil sien, wat hy en Die Gevaar geniet om te speel, en ‘n Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel classic’ of twee.

Show Information:

  • Venue: The Daisy Jones Bar
  • Address: Summerhill Wine Estate, R44, Stellenbosch
  • Date: 6 May
  • Time: Deure maak oop om 5:30pm. Vertoning begin om 8pm.
  • Tickets: Available from iTickets