Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis met elf uitverkoopte konserte

Dis amptelik! Afrikaans is Groot het nóg ‘n ongelooflike mylpaal bereik met elf uitverkoopte konserte — ‘n eerste in die geskiedenis van dié ikoniese musiekproduksie wat sedert 2012 jaarliks gehore betower.

Met al elf vertonings tjokkenblok, bevestig Afrikaans is Groot weereens sy plek as een van die grootste Afrikaanse musiekgebeurtenisse in die land. Vanjaar sal nagenoeg 93 500 konsertgangers in November na die SunBet Arena stroom om deel te wees van die reuse produksie.

Arnold Coleske, uitvoerende vervaardiger van Afrikaans is Groot, sê

“Ons kan nie genoeg dankie sê aan elke kaartjiekoper wat steeds glo in Afrikaans en Afrikaanse musiek nie. Ons beloof om een van die grootste konserte nóg vir julle aanmekaar te sit.”

Die 2026-konsertreeks vind plaas op 20, 21, 22, 25, 27, 28 en 29 November by die SunBet Arena. Afrikaans is Groot word moontlik gemaak deur Virseker.

Show Details:

  • Venue: SunBet Arena, Time Square
  • Dates: 20, 21, 22, 25, 27, 28 en 29 November 2026
  • Show times: Doors open at 5:30 pm
  • Tickets available from iTickets.

Connect with Afrikaans Is Groot:
Facebook | Twitter | Instagram | YouTube