Francois Van Coke & Vriende 2022.

Ons is terug! Na twee jaar se afwesigheid slaan Francois Van Coke & Vriende SunBet Arena, Time Square (Pretoria) se verhoog weer aan die brand op Sondag, 25 September. Francois stel sy vierde solo album, Kanniedood, vry op Vrydag, 23 September, wat dit die grootste sameswering nóg maak!
­
2022’s VRIENDE is:

  • Spoegwolf
  • Elandré
  • Early B
  • Tasché
  • Fokofpolisiekar
  • Die Heuwels Fantasties
  • Laudo Liebenberg
  • Jack Parow
  • Van Pletzen
  • Hunter Kennedy

Soos die tradisie loop, gaan die twee uur lange vertoning weereens gepak wees met Francois se bekendse liedjies, die rock treffers wat hy saam met Die Vriende opgeneem het in die verlede, plus lekker nuwe samewerkings, soos “Maak Wakker” met Elandré wat 1 Julie vrygestel is.

  • Plek: SunBet Arena, Time Square Casino, Menlyn, Pretoria
  • Datum: Sunday, 25 September 2022
  • Prys: R250 – Standing / R295 – Seated
  • Kaartjies
  • Facebook: Francoisvancoke&Vriende2022
  • Event Hashtag: #FvCenVriende2022