kykNET Fiëstas-toekennings: Hier is die wenners

2025 was ’n uitstekende oesjaar met ’n magdom produksies wat op die KKNK, die Suidoosterfees, Toyota Innibos, die Vrystaat Kunstefees, Momentum Aardklop en die Toyota Stellenbosch Woordfees debuteer het.

Met ’n nuwe tuiste onder die Tribuo-vaandel, maar steeds met kykNET as naamborg, het die Fiësta-paneel ’n uitdagende taak gehad om al die uitmuntende debuutwerke te sien. Ná ’n breevoerige stemproses, wat deur ouditeure nagegaan word, is die wenners bepaal en is die wennertrofees is Sondagaand by ’n glansryke funksie by The Bay Hotel in Kaapstad oorhandig.

Die wenners is:

Beste Akteur

  • Albert Pretorius in Ek is nie Danie (Toyota Stellenbosch Woordfees)

Beste Aktrise

  • Antoinette Kellermann in Verwelkingslied (Suidoosterfees en Momentum Aardklop)

Beste Vroulike Byspeler

  • René Cloete in Huis van Sand (Toyota Stellenbosch Woordfees)

Beste Manlike Byspeler

  • Jefferson Dirks-Korkee in Huis van Sand (Toyota Stellenbosch Woordfees)

Beste Ensemble

  • Boklied (Toyota Stellenbosch Woordfees)

Beste Akteur

  • Albert Pretorius in Ek is nie Danie (Toyota Stellenbosch Woordfees)

Beste Aktrise

  • Antoinette Kellermann in Verwelkingslied (Suidoosterfees en Momentum Aardklop)

Beste Vroulike Byspeler

  • René Cloete in Huis van Sand (Toyota Stellenbosch Woordfees)

Beste Manlike Byspeler

  • Jefferson Dirks-Korkee in Huis van Sand (Toyota Stellenbosch Woordfees)

Beste Ensemble

  • Boklied (Toyota Stellenbosch Woordfees)

Beste Visuele Prestasie

  • Marthinus Basson: Visuele ontwerp vir Boklied (Toyota Stellenbosch Woordfees)

Beste Prestasie In Beligtingsontwerp

  • Fahiem Bardien vir Verwelkingslied (Suidoosterfees en Momentum Aardklop)

Beste Prestasies In Klank- En Musiekontwerp

  • Schalk Joubert: Musiekontwerp vir Ek is nie Danie (Toyota Stellenbosch Woordfees)

Beste Prestasie In Kinder- En Jeugteater

  • Grommels (Vrystaat Kunstefees)

Beste Vertaling Of Verwerking Van ’n Bestaande Werk

  • Danie Marais vir Ek is nie Danie (Toyota Stellenbosch Woordfees)

Beste Nuutgeskepte Afrikaanse/Suid-Afrikaanse Teks

  • Breyten Breytenbach vir Verwelkingslied (Suidoosterfees en Momentum Beleggings Aardklop)

Beste Komedie

  • Moedswil En Muitery (KKNK)

Beste Vertolking In ’n Komedie

  • Chris Vorster in Gebou soos Steffi Graf (Vrystaat Kunstefees)

Beste Prestasie In Dans/Beweging

  • Die Een Wat Bly (KKNK)

Beste Prestasie In ’N Solo-Vertoning

  • Wian Taljaard in Ont- (KKNK)

Beste Kontemporêre Musiekvertoning

  • Duif. (KKNK en Suidoosterfees)

Beste Musiekproduksie: Podium

  • The Scullery Quintet: Stir Fried Sonatas (Momentum Aardklop)

Beste Musiekgedrewe Produksie: Teater

  • Ek is nie Danie (Toyota Stellenbosch Woordfees)

Beste Prestasie In Klassieke Musiek: Vokale Uitvoering

  • Lynelle Kenned, Minette du Toit-Pearce, Janel Speelman, Timothy Moloi, William Berger en Corneil Muller vir Afrikaans is 100 (Toyota Stellenbosch Woordfees)

Beste Prestasie In Klassieke Musiek: Instrumentele Uitvoering

  • The Scullery Quintet: Stir-fried Sonatas (Momentum Aardklop)

Beste Prestasie In Visuele Kuns

  • Die Stomme Aarde deur Henk Serfontein (KKNK)

Beste Nuweling

  • Angelo Bergh in Kompoun (Suidoosterfees, Toyota Stellenbosch Woordfees, KKNK) en Vannie wal af (Suidoosterfees)

Beste Junior Nuweling

  • Judi Hattingh vir Annie + Helen

Beste Regie

  • Marí Borstlap vir Verwelkingslied (Suidoosterfees en Momentum Aardklop)

Beste Aanbieding

  • Ek is nie Danie (Toyota Stellenbosch Woordfees)

Produksie Van Die Jaar

  • Ek is nie Danie (Toyota Stellenbosch Woordfees)

Juanita Swanepoel, John Theodore en Anton Goosen is vir hulle lewensbydrae vereer en daar is twee Blou Fiëstas vir uitsonderlike werk oorhandig. Die een het gegaan aan die KKNK se Karoo Kaarte-projek en die ander aan die Toyota Stellenbosch Woordfees se uitsonderlike Veldhospitaal wat deel van die fees se visuele kuns aanbod was.

’n Nuwe toekenning, die Ton en Anet Vosloo Fiësta, is van vanjaar deel van die Fiëstas. Die Vosloo’s is al jare gulhartige ondersteuners van die kunste en het besluit om hierdie toekenning in te stel vir die produksie wat nie geskroom het om grense te verskuif nie, ’n produksie wat eg Suid-Afrikaans is en in hierdie geval ook die toets van tyd deurstaan het. Die Ton en Anet Vosloo Fiësta het aan Boklied gegaan.

Die feesjaar skop op 28 Maart af met die 30ste KKNK en sluit in Oktober af wanneer die Toyota Stellenbosch Woordfees van 3 tot 11 Oktober gehou word. Die Fiësta-paneel vir 2026 is reeds aangewys en is reg vir nog ’n jaar van uitsonderlike debuutwerke.

Visit the kykNET website and join the conversation on TwitterInstagramTikTok and Facebook.